Isaiah 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE sal oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy gemeentes 'n wolk en rook skep bedags en die glans van 'n vlammende vuur in die nag, want oor al die heerlikheid sal 'n skuilplek wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die Here skadu verskaf vir Jerusalem en almal wat daar vergader. Dan sal die Here bedags ’n wolk en snags ’n vuur beskik. Sy magtige heerlikheid sal alles beskerm.
Afrikaans 1933/1953 Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar 'n beskutting wees.
Afrikaans 1983 Dan sal die Here bedags 'n wolk en snags die rook en glans van 'n vlammende vuur skep oor elke woonplek op Sionsberg en oor al die bymekaarkomplekke daar. Sy magtige teenwoordigheid sal alles beskut.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal die Here oor die hele gebied van die berg Sion en oor die byeenkoms by Sion bedags 'n wolk skep, en snags rook en die glans van vuurvlamme. Ja, oor alles wat luisterryk is, sal dit 'n gewelf vorm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal die Here in die dag 'n wolk bring en Hy sal in die nag rook bring en ook die lig van 'n vuur oor elke plek in Jerusalem, elke plek waar mense woon en bymekaarkom. Daar sal 'n afdak wees wanneer die Here kom na die mense toe in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal die Here die berg Sion en almal wat daar kom aanbid, beskerm. Bedags sal dit soos ’n wolk lyk en snags sal dit soos rook lyk met helder vlamme daarin. Hierdie magtige teenwoordigheid van die Here sal die hele stad beskerm soos ’n dak.