Isaiah 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur dat hy wat in Sion oorgebly het, en hy wat in Jerusalem oorbly, heilig genoem sal word, elkeen wat onder die lewendes in Jerusalem geskrywe is.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wie se name neergeskryf is, wat die uitwissing beleef het van Jerusalem, sal heilige mense wees.
Afrikaans 1933/1953 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, die sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem --
Afrikaans 1983 Wie in Sion oorgebly het, wie in Jerusalem bewaar gebly het, elkeen in Jerusalem wat vir die lewe opgeskryf is, sal heilig genoem word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié wat oorbly in Sion, wat agtergelaat word in Jerusalem, sal heilig genoem word, almal wat vir die lewe opgeskryf is in Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense sal sê almal in Jerusalem wat nog lewe, is gewyde mense. Die Here het die gewyde mense se name in sy boek geskryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal almal wie se name in God se boek opgeskryf is, dié wat die verwoesting van Jerusalem oorleef het, heilig genoem word.