Isaiah 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal die loot van die HERE mooi en heerlik wees, en die vrugte van die aarde sal voortreflik en lieflik wees vir die wat uit Israel ontvlug het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die toekoms sal Israel, die tak van die Here, mooi en glansryk wees. En die vrugte van die land sal die trots wees van die mense wat oorgebly het. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal alles wat die Here laat uitspruit, mooi en weelderig wees. Dié uit Israel wat vrygekom het, sal trots wees op die opbrengs van die land en hulle daarin verlustig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal die loot van die Here pragtig en luisterryk wees; en die opbrengs van die land sal die trots en roem wees van dié Israeliete wat ontkom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal al die plante mooi en vol saad wees, die plante wat die Here laat groei. Die Israeliete wat nog lewe, sal bly wees oor al die mooi vrugte wat hulle kan eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar daar kom ’n tyd waarin die Here elke boom en plant in Israel weer welig sal laat groei en sal laat vrugte dra. Dan sal die mense wat uit Israel oorgebly het, weer trots en opgewonde wees op die opbrengs van die land. |