Isaiah 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons sal ons eie brood eet en ons eie klere dra; laat ons net u Naam uitgeroep word om ons smaad weg te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag sal min mans nog lewe. Sewe vroue sal met mekaar oor een man baklei en sê: “Laat ons almal met jou trou! Ons sal ons eie kos en klere verskaf. Gee ons net jou naam sodat hulle ons nie as kinderloses uitkryt nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal sewe vrouens een man beetpak en sê: “Ons sal ons eie brood eet en self vir ons klere sorg. Laat ons net jou naam dra, neem ons smaad weg!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal sewe vroue een man vasgryp en sê: “Ons eie brood sal ons eet en ons eie klere sal ons dra, laat jou naam net oor ons genoem word; neem ons bespotting weg!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag sal sewe vroue een man gryp en vir hom sê: “Trou asseblief met ons. Ons sal ons eie kos eet en ons eie klere maak. Ons wil 'n man hê, sodat die mense ons nie meer spot nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In daardie tyd sal sewe vroue op een man afstorm en hom smeek: “Trou tog met ons sodat ons kan sê jy is ons man en jy ons van ons verskriklike vernedering kan verlos. Jy hoef nie oor kos en klere bekommerd te wees nie, ons sal self daarvoor sorg.” |