Isaiah 39:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Hiskia vir Jesaja: Goed is die woord van die HERE wat jy gespreek het. Hy het verder gesê: Want daar sal vrede en waarheid wees in my dae.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Hiskia vir Jesaja gesê: “Hierdie boodskap wat jy vir my van die Here af gebring het, is goed.” Want intussen het Hiskia by homself gedink: “Ten minste sal daar vrede en voorspoed in mý tyd wees!”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Hisk¡a vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!
Afrikaans 1983 Hiskia het vir Jesaja gesê: “Die woord van die Here wat jy aan my oorgedra het, is goed.” Hiskia het bygevoeg: “As daar maar net in my tyd vrede en veiligheid is!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiskia sê toe vir Jesaja: “Die woord van die Here wat jy gespreek het, is goed.” Hy het gedink: Want daar sal vrede en bestendigheid in my tyd wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het vir Jesaja gesê: “Ek het gehoor wat jy sê. Wat die Here gesê het, is goed.” Hiskia het ook gesê: “Ek hoop ons sal vrede hê en veilig wees so lank soos ek nog lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia het die boodskap verkeerd verstaan en daarom het hy vir Jesaja gesê: “Dit is goed so! Ten minste sal daar in my leeftyd vrede en veiligheid vir die land wees.”