Isaiah 39:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, moet hulle wegneem; en hulle sal eunugs wees in die paleis van die koning van Babel.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Van jou seuns sal ook weggeneem word in ballingskap. Hulle sal ontman word sodat hulle in die paleis van die koning van Babel kan dien.’”
Afrikaans 1933/1953 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.
Afrikaans 1983 “Van jou eie seuns wat uit jou gebore is, sal gevat word, en hulle sal diens doen in die paleis van die koning van Babel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘ En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, en hulle sal paleisamptenare word in die paleis van die koning van Babilonië.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En hulle sal party van jou eie seuns vat om in die koning van Babel se paleis te werk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van jou eie seuns wat hier prinse is, sal ook in ballingskap weggevoer word en hulle sal gedwing word om as paleishulpe vir die koning van Babel te werk.”