Isaiah 39:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgegaar het, na Babel weggevoer sal word; niks sal oorbly nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Die tyd kom dat alles wat jy het, al die skatte wat jou voorouers opgegaar het, na Babel weggedra sal word. Niks sal daarvan oorbly nie,’ sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Daar kom 'n tyd dat alles wat in jou paleis is, weggedra sal word na Babel toe, al die skatte wat jou voorvaders en jy tot nou toe versamel het. Daar sal niks oorbly nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Kyk, daar kom dae wanneer alles wat in jou paleis is en wat jou voorouers bymekaar gemaak het tot vandag toe, na Babel weggedra sal word – daar sal niks oorbly nie,’ het die Here gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die soldate van Babel sal eendag alles kom vat wat in jou paleis is, alles wat jou voorvaders en jy bymekaargemaak het. Daar sal niks oorbly nie. Dit is wat die Here sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar kom ’n tyd dat al jou besittings en alles wat jou voorgangers bymekaargemaak het, na Babel toe weggedra gaan word. Daar sal net mooi niks hier oorbly nie. |