Isaiah 39:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy: Wat het hulle in jou huis gesien? En Hiskía antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks onder my skatte wat ek hulle nie laat sien het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. “Hulle het alles gesien,” het Hiskia geantwoord. “Ek het hulle alles gewys wat ek besit, al my skatte.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hisk¡a antwoord: Hulle het alles gesien wat in my huis is; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie. |
| Afrikaans 1983 | “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. En Hiskia antwoord: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Daar is niks van my skatte wat hulle nie gesien het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesaja vra toe: “Wat het hulle in jou paleis gesien?” Hiskia het geantwoord: “Alles wat in my paleis is, het hulle gesien. Daar is niks in my voorraadkamers wat ek nie vir hulle gewys het nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesaja het gevra: “Wat het hulle in jou paleis gesien?” Hiskia het gesê: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Ek het vir hulle alles gewys wat in my stoorkamers is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat het hulle alles in jou paleis gesien?” wou Jesaja weet. “Hulle het alles gesien,” het Hiskia geantwoord, “ek het nie ’n enkele ding vir hulle weggesteek nie.” |