Isaiah 39:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê? en waarvandaan het hulle na jou gekom? Toe sê Hiskía: Hulle het uit 'n ver land na my gekom, uit Babel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna het die profeet Jesaja na koning Hiskia gekom en vir hom gevra: “Wat wou hierdie mense gehad het? Waarvandaan het hulle gekom?” Hiskia het geantwoord: “Hulle het van die verafgeleë land Babel na my toe gekom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom die profeet Jesaja na koning Hisk¡a en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hisk¡a antwoord: Uit 'n ver land het hulle na my gekom, uit Babel. |
| Afrikaans 1983 | Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskia toe en sê vir hom: “Wat het daardie mense gesê en waarvandaan kom hulle?” Hiskia het geantwoord: “Hulle het uit 'n ver land na my toe gekom, uit Babel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesaja, die profeet, het na koning Hiskia gekom en hom gevra: “Wat het hierdie manne gesê, en van waar af het hulle na jou toe gekom?” Hiskia het geantwoord: “Uit 'n ver land het hulle na my gekom, uit Babel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profeet Jesaja het na koning Hiskia toe gekom en hy het vir die koning gevra: “Wat het daardie manne gesê? Van watter land het hulle gekom?” Hiskia het vir hom gesê: “Hulle het van 'n ver land na my toe gekom, van die land Babel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesaja het toe met Hiskia gaan praat en vir hom gevra: “Wie is die mense en wat het jy alles vir hulle gesê?” “Hulle kom van ’n baie ver plek af,” was Hiskia se antwoord, “van Babel af.” |