Isaiah 39:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiskia was bly oor hulle, en hy het hulle die huis van sy kosbaarhede gewys, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare salf en die hele huis van sy wapenrusting en alles wat in sy skatte gevind is daar was niks in sy huis en in sy hele heerskappy wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hiskia het die Babiloniese afgevaardigdes opgewonde verwelkom. Hy het ook vir hulle alles gewys wat hy in sy skatkamers gehad het — die silwer en goud, kruie en geurige olie. Hy het ook vir hulle sy wapenkamer en al sy skatte gaan wys. Daar was niks in sy paleis of in sy koninkryk wat Hiskia nie vir hulle gewys het nie.
Afrikaans 1933/1953 En Hisk¡a was bly oor hulle en het hulle sy skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy hele wapenhuis en alles wat te vinde was in sy skatkamers; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hisk¡a hulle nie laat sien het nie.
Afrikaans 1983 Hiskia was bly oor die gesante en hy het hulle sy skatkamers gewys met die silwer, die goud, die kruie en die geurige olie, sy wapenkamer en alles wat in sy voorraadkamers was. Daar was niks in sy paleis en in sy koninkryk wat Hiskia die gesante nie laat sien het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiskia was bly oor hulle besoek, en het hulle sy skatkamer gewys – die silwer, die goud, die speserye en die kosbare olie – ook sy hele arsenaal en alles wat in sy voorraadkamers te vinde was. Daar was niks in sy paleis of in sy hele koninkryk wat Hiskia hulle nie gewys het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia was bly daaroor, en hy het vir die boodskappers van koning Merodak-Baladan alles gewys wat hy in sy stoorkamers gebêre het: die silwer en die goud, die balsem en die skoon olyf-olie, en ook sy hele wapenkamer, ja, alles wat in sy stoorkamers was. Hiskia het vir die boodskappers alles gewys wat in sy paleis en in sy hele land was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia was baie beïndruk met die besoekers en hy het hulle oral rondgevat en by hulle gespog met al sy geld en besittings en ook met sy militêre mag. Daar was nie ’n plek in sy koninkryk wat hy nie vir hulle gewys het nie.