Isaiah 39:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié tyd het Merodag-Báladan, die seun van Baladan, die koning van Babel, briewe en geskenke aan Hiskia gestuur, want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kort hierna het Merodak-Baladan, die koning van Babel en seun van Baladan, sy beste wense en ’n geskenk na Hiskia toe gestuur. Hy het gehoor dat Hiskia baie siek was, en gesond geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tyd het Merodag B ladan, die seun van B ladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hisk¡a gestuur; want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het. |
| Afrikaans 1983 | Dié tyd het koning Merodak-Baladan van Babel, seun van Baladan, briewe en geskenke na Hiskia toe gestuur omdat hy gehoor het van Hiskia se siekte en genesing. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In daardie tyd het Merodag-Baladan, seun van Baladan, die koning van Babilonië, briewe en 'n geskenk na Hiskia gestuur. Hy het gehoor dat hy siek was en herstel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Merodak-Baladan seun van Baladan was die koning van Babel. Hy het gehoor dat koning Hiskia siek was en dat hy weer gesond geword het. Hy het eendag vir Hiskia briewe en presente gestuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nie te lank na hierdie gebeure nie het koning Merodak-Baladan, die nuwe koning van Babel, ’n paar van sy amptenare na Hiskia toe gestuur met briewe en geskenke. Hy het dit gedoen nadat hy van Hiskia se siekte gehoor het en hoe hy gesond geword het. |