Isaiah 38:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek bring die skaduwee van die grade wat in die sonwyser van Agas gedaal het, weer tien grade agteruit. So het die son tien grade teruggekeer, met watter grade dit ondergegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal sorg dat die son se skaduwee tien trappe op Agas se sonwyser terugskuif!” Die skaduwee op die sonwyser het toe tien trappe teruggeskuif. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agas se sonnewyser, laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade teruggegaan op die grade wat dit gedaal het. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas se sonwyser afgesak het, tien trappe laat terugskuif.” En die son het tien trappe teruggeskuif op die trappe waarop dit reeds afgesak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Ek sal die skaduwee van die sonwyser van Agas wat met die son afgeskuif het, tien eenhede laat terugskuif.” ’ ” Toe het die son die tien eenhede wat dit gesak het op die sonwyser, teruggeskuif. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die son is al klaar laag, en die skaduwee op die trappe van die sonwyser van Agas wys dat dit laat is, maar Ek sal die skaduwee tien trappe laat teruggaan.” Die skaduwee het tien trappe teruggegaan en dit het gewys dat die son weer hoog in die lug is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die skaduwee op die sonwyser wat koning Agas nog opgesit het, met tien trappe laat terugskuif.” Dit is presies wat gebeur het: die skaduwee het tien trappe teruggeskuif op die sonwyser. |