Isaiah 38:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: Onthou tog tog, HERE, hoe ek voor u aangesig in waarheid en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskia het bitterlik gehuil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Here, onthou hoe ek altyd probeer het om aan U getrou te bly. Ek het probeer doen wat goed is.” Toe het hy bitterlik gehuil. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hisk¡a het bitterlik geween. |
| Afrikaans 1983 | “Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.” Hiskia het bitterlik gehuil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gesê: “Ag, Here, dink tog daaraan dat ek in getrouheid en met 'n onverdeelde hart voor U geleef het, dat ek gedoen het wat goed is in u oë!” Hiskia het toe bitterlik gehuil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê: “Ag, Here, dink asseblief daaraan dat ek gehoorsaam was aan U met my hele hart en dat ek altyd gedoen het wat U wil hê.” Hiskia het hard gehuil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ag, Here, dink tog daaraan dat ek my bes probeer het om vir U te leef. Ek was my hele lewe aan U getrou en ek het altyd gedoen wat U wou hê... ” en toe het sy gemoed te vol geword om verder te bid. |