Isaiah 38:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE was gereed om my te red; daarom sal ons my liedere vir die snaarinstrumente sing al die dae van ons lewe in die huis van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here is my redder! Met musiekinstrumente sal ons elke dag van ons lewe u lof besing in die tempel van die Here.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van die HERE.
Afrikaans 1983 Here, U het my gered. Ons sal op ons liere speel al die dae van ons lewe, in die huis van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here is daar tot my redding; ons sal my snaarinstrumente laat opklink by die huis van die Here solank ons leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U red my. Ons sal in die tempel op ons liere speel so lank ons lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, U het my gesond gemaak. Ons sal vir die res van my lewe hierdie danklied in u tempel gaan sing terwyl ons op ons liere speel.