Isaiah 38:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die doderyk kan U nie loof nie, die dood kan U nie loof nie; die wat in die kuil neerdaal, kan nie op u waarheid hoop nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want in die graf kan niemand U prys nie. Dooies kan nie u lof verkondig nie. Dié wat gesterf het, kan nie hoop op u trou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie. |
| Afrikaans 1983 | In die doderyk kan niemand U loof nie, geeneen wat dood is, kan U prys nie; niemand in die graf dink aan u trou nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die doderyk sal U nie prys nie; die dood sal U nie loof nie. Dié wat na die put afdaal, verlaat hulle nie op u trou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het dit gedoen, want mense wat dood is, kan U nie loof en prys nie. Hulle kan nie aanhou hoop dat U sal doen wat U belowe het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat dood is, kan U tog nie loof en prys nie. Die dooies in hulle grafte hoop nie langer op u getrouheid nie. |