Isaiah 38:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, vir vrede het ek groot bitterheid gehad, maar U het dit in liefde vir my siel gered uit die put van verderf, want U het al my sondes agter u rug gewerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, dit was vir my goed om al hierdie angs te ervaar, want U het my gered van die dood. U het al my sondes vergewe.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, tot heil het die bitter, ja, bitter lyde my geword; maar U, U het my siel liefgehad en getrek uit die kuil van vernietiging. Want U het al my sondes agter u rug gewerp.
Afrikaans 1983 Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, tot vrede het my intense bitterheid gelei; U self het my lewe teruggehou van die kuil van vernietiging, ja, U het al my sondes die rug toegekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou weet ek, dit was vir my goed dat dit so sleg gegaan het met my. U is lief vir my, U het my nie laat sterf nie, ja, U het al my sondes vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was goed om hierdie krisis te beleef, want nou besef ek dat U my nie laat doodgaan het nie en al my sonde vergewe het.