Isaiah 38:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat sal ek sê? hy het met my gespreek en self dit gedoen; ek sal my jare lank saggies gaan in die bitterheid van my siel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar wat kon ek sê? Die Here het met my gepraat. Hy het dit alles gedoen. Nou sal ek my hele lewe lank nederig wees oor wat ek moes verduur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat sal ek spreek, aangesien Hy my dit beloof het en Hy self dit gedoen het? Ek sal soetjies voortgaan al my jare vanweë die bitterheid van my siel. |
| Afrikaans 1983 | Wat kan ek sê? Die Here het met my gepraat, Hy het gedoen wat Hy gesê het. Ek sal my hele lewe lank swaar loop oor wat ek moes verduur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat kan ek sê? Hy het dit vir my gesê; Hy het self opgetree. Sal ek al my lewensjare moeisaam voortgaan, weens die bitterheid van my siel? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wat moet ek sê? Dit is die Here wat dit gedoen het. Moet ek my hele lewe lank swaarkry? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar wat kan ek sê? Die Here self het hierdie siekte gestuur, ek verstaan dit nie, maar ek weet dat ek vir die res van my lewe die letsels sal dra van wat ek beleef het. |