Isaiah 38:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos 'n kraanvoël of 'n swaeltjie, so het ek geklets: ek het getreur soos 'n duif; my oë beswyk om na bo te kyk; vir my onderneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek was deurmekaar en het soos ’n voël geklink, soos ’n duif wat kla. My oë het moeg geword soos ek opgekyk het na die hemel toe vir hulp. Ek is in die moeilikheid, Here. Help my!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos 'n swaweltjie of kraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos 'n duif; my oë het dof gekyk na bo: HERE, ek is benoud, wees U my Borg! |
| Afrikaans 1983 | Ek het gekerm soos 'n voël wat kerm, ek het gekla soos 'n duif. My oë het moeg geword van opkyk na die hemel toe. Here, red my uit my ellende. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos 'n swaeltjie, soos 'n kraanvoël, so kerm ek; ek kla soos 'n duif. My oë word klein soos ek kyk na die hemel. My Heer, dit druk swaar op my; staan U vir my in! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sug en kla soos 'n voëltjie, soos 'n duif. Ek het opgekyk na die hemel totdat my oë klein geword het. Here, dit gaan sleg met my, help my asseblief! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My stem het so dun geword dat ek soos ’n swaeltjie geklink het wat piep. Ek het so baie gebid om hulp dat my oë naderhand van moegheid toegeval het. Here, ek is bang, help my, asseblief. |