Isaiah 38:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het tot die môre toe gereken dat hy soos 'n leeu al my gebeente sal breek; van dag tot nag sal U 'n einde aan my maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Heelnag lank het ek geduldig op U gewag. Maar ek is uitmekaargeskeur soos deur leeus. Skielik het U my lewe laat verbygaan.
Afrikaans 1933/1953 Bring ek myself tot bedaring tot die môre -- soos 'n leeu so verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.
Afrikaans 1983 Ek het die hele nag stilgebly, maar soos 'n leeu het U my bene verbreek, U het aangehou om my te straf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het om hulp geroep tot die oggend. Soos 'n leeu, breek Hy al my beendere. Dag en nag laat U my dit ontgeld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Soos wanneer 'n leeu 'n bok vang en sy bene stukkend kou, so breek Hy my. Die Here gooi my heeltemal weg, elke dag en nag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het probeer om nie te kla nie, maar die pyn het my oorweldig; dit het aangehou vreet aan my soos ’n leeu wat aanhou kou aan die bene van sy prooi. My lewe was verby!