Isaiah 38:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My leeftyd het gewyk en soos 'n herdertent van my af weggeneem; soos 'n wewer het ek my lewe afgesny; deur pynsiekte sal hy my uitroei; van dag tot nag sal U aan my 'n einde maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My lewe is weggeblaas soos ’n herder se tent in ’n storm. Dis kortgeknip soos wanneer ’n wewer ’n stuk materiaal afsny. Skielik het U my lewe laat verbygaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | My woning is opgebreek en van my af weggevoer soos 'n herderstent; ek het my lewe opgerol soos 'n wewer sy weefsel; Hy sny my van die wewersbalk af; van dag tot nag gee U my prys. |
| Afrikaans 1983 | My woonplek is afgebreek, opgerol soos 'n skaapwagter se tent. My lewe is verby, afgebreek soos 'n weefdraad. U het aangehou om my te straf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My woonplek is afgeslaan en van my weggeneem, soos die tent van 'n herder. Soos 'n wewer het ek my lewe opgerol – van die skering het Hy my losgeknip. Dag en nag laat U my dit ontgeld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het my afgebreek en Hy het my gebêre soos 'n skaapwagter sy tent afslaan en bêre. Hy het my lewe afgesny en opgerol soos 'n stukkie garing. Hy gooi my heeltemal weg, elke dag en nag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit het vir my gevoel of my lewe in ’n oogwink van my af weggeruk word, soos wanneer ’n rukwind skielik ’n tent uit die grond uitruk en dit wegwaai, asof my lewe kortgeknip is soos die oortollige wol van ’n weefraam wat afgeknip word nadat die mat klaar geweef is. My lewe was verby! |