Isaiah 38:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het gesê: Ek sal die HERE, ja, die HERE, in die land van die lewendes nie sien nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gesê: “Ek sal nooit weer die Here God sien in die land van die lewendes nie. Ek sal nooit weer my vriende sien wat in hierdie wêreld leef nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gesê: Ek sal die HERE nie sien nie, die HERE, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gedink ek sal die Here nie meer sien nie, die Here in die land van die lewendes, ek sal geen mens meer sien nie, by dié wat op die aarde woon, nie meer wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het gedink: Ek sal die Here nie sien nie – die Here in die land van die lewendes. Ek sal nie meer na mense kyk saam met die bewoners van die wêreld nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gedink ek sal die Here nie weer sien nie, hier waar die mense woon wat lewe. Ek het gedink ek sal nooit weer 'n mens sien nie, hier in die wêreld waar die mense woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gedink dat ek nooit in my lewe hier op aarde weer die Here sou sien nie, dat ek maar my vriende sou moes groet. |