Isaiah 38:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het in die afsny van my dae gesê: Ek sal na die poorte van die doderyk gaan: Ek is beroof van die oorblyfsel van my jare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gesê: “Moet ek doodgaan in die fleur van my lewe? Moet my beste jare gesteel word?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gesê: In die bloei van my dae moet ek heengaan in die poorte van die doderyk; ek word beroof van my orige jare. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gedink: in die fleur van my lewe sal ek sterf, op vroeë leeftyd sal ek aan die doderyk oorgegee word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het by myself gedink, in die middel van my lewensdae moet ek deur die poorte van die •doderyk gaan. Ek is opgeroep vir die res van my jare. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gedink ek sal nog jonk wees wanneer ek sterf, ek sal na die doderyk moet gaan voordat ek oud geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gedink dat ek in my beste jare sou doodgaan en begrawe sou word, dat ek nie kans sou kry om ’n vol lewe te leef nie. |