Isaiah 38:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In daardie dae was Hiskia tot die dood toe siek. Toe kom die profeet Jesaja, die seun van Amos, na hom en sê vir hom: So spreek die HERE: Maak reg in jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Omtrent daardie selfde tyd het Hiskia dodelik siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het hom gaan besoek. Hy gee toe vir die koning hierdie boodskap: “So sê die Here: Kry jou sake in orde, want jy gaan sterf. Jy sal nie van hierdie siekte herstel nie.”
Afrikaans 1933/1953 In die dae het Hisk¡a dodelik siek geword; en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
Afrikaans 1983 In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In dié tyd het Hiskia dodelik siek geword. Die profeet Jesaja, seun van Amos, het by hom aangekom en vir hom gesê: “So sê die Here, ‘Gee die laaste opdragte oor jou huisgesin, want jy gaan sterf; jy sal nie leef nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Hiskia het in daardie tyd baie siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Jy moet vir jou familie sê wat jy wil hê hulle moet doen, want jy sal sterf, jy sal nie gesond word nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dié tyd het Hiskia tot die dood toe siek geword. Die profeet Jesaja gaan sê toe vir hom: “Die Here sê jy moet jou sake in orde kry, want jy gaan nie van hierdie siekte herstel nie, jy sal doodgaan.”