Isaiah 37:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het van Tirhaka, die koning van Kus, hoor sê: Hy het uitgetrek om teen jou oorlog te voer. En toe hy dit hoor, stuur hy boodskappers na Hiskía om te sê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kort daarna het koning Sanherib gehoor dat koning Tirhaka van Etiopië ’n groot mag gelei het om die Assiriërs te kom aanval. Voor die koning van Assirië vertrek het om die aanval af te weer, het hy hierdie boodskap na Hiskia in Jerusalem gestuur: |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy van T¡rhaka, die koning van Kus, hoor sê: Hy het uitgetrek om teen u te veg -- toe hy dit hoor, stuur hy boodskappers na Hisk¡a met die opdrag: |
| Afrikaans 1983 | Daar het die koning berig gekry dat koning Tirhaka van Kus op pad is om hom aan te val. Toe die koning van Assirië dit hoor, het hy gesante na Hiskia toe gestuur met die boodskap: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Assirië het egter 'n berig gekry oor Tirhaka, die koning van Kus, wat lui: “Hy het uitgetrek om teen u te veg!” Toe hy dit hoor, het hy boodskappers na Hiskia gestuur met die woorde: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het gehoor dat Tirhaka, die koning van die land Kus, kom om oorlog te maak teen hom. Toe die koning dit hoor, het hy boodskappers na Hiskia toe gestuur. Hy het vir die boodskappers gesê |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nie lank daarna nie het nog ’n berig by Sanherib aangekom. Die berig het gesê dat Tirhaka, die koning van Kus, op pad was om hom aan te val. Voor hy daar weg is om teen Tirhaka te gaan veg, het hy weer vir Hiskia ’n boodskap gestuur: |