Isaiah 37:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het die rábsake teruggekeer en die koning van Assirië gevind wat teen Libna oorlog voer, want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het die Assiriese verteenwoordiger Jerusalem verlaat en teruggegaan om by die koning te kom. Die koning is van Lakis af weg. Hy het Libna aangeval.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het die r bsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om teen Libna te veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.
Afrikaans 1983 Toe die hoofadjudant hoor dat die koning van Assirië weg is van Lakis af, het hy teruggegaan. Hy het die koning aangetref waar hy met 'n aanval op Libna besig was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die rabsakee het teruggegaan en die koning van Assirië aangetref waar hy besig was om teen Libna te veg. Hy het immers gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier het teruggegaan. Hy het gehoor dat die koning van Assirië weggegaan het van die stad Lakis en dat hy oorlog gaan maak het teen die stad Libna. Die offisier het die koning by Libna gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op pad terug van Jerusalem af het die Assiriese amptenaar gehoor dat Sanherib uit Lakis uit weg is en besig was om teen Libna te veg. Hy is toe soontoe om met hom te gaan beraadslaag oor wat in Jerusalem gebeur het.