Isaiah 37:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek stuur 'n blaas op hom, en hy sal 'n gerug hoor en na sy eie land terugkeer; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister! Ek gaan seker maak dat die koning ’n gerug kry uit Assirië sodat hy huis toe moet gaan. En Ek sal maak dat hy huis toe wil gaan. Daar sal Ek hom met ’n swaard laat doodmaak.’”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, Ek sal 'n gees in hom gee, dat hy 'n gerug hoor en na sy land terugtrek; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.
Afrikaans 1983 Ek gaan hom onrustig maak sodat hy na sy land toe terug sal gaan wanneer hy 'n berig daarvandaan kry. Ek sal hom in sy eie land laat doodmaak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, Ek gaan 'n gees van hom besit laat neem, en hy sal 'n gerug hoor en terugkeer na sy land. Dan sal Ek hom in sy eie land deur die swaard laat val.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die koning van Assirië bang laat word. Hy sal 'n boodskap kry en hy sal teruggaan na sy eie land. Daar in sy land sal iemand hom doodsteek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister, Ek sal seker maak dat hy ’n boodskap van sy land af kry dat hy dringend soontoe moet terugkom. Dan sal Ek sorg dat hy in sy eie land doodgemaak word.”