Isaiah 37:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesaja sê vir hulle: So moet julle aan julle heer sê: So spreek die HERE: Moenie bevrees wees vir die woorde wat jy gehoor het waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het die profeet geantwoord: “Sê vir julle meester: ‘So sê die Here: Moenie jou ontstel oor die godslasterlike woorde wat die Assiriese koning se boodskappers teen My geuiter het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie. |
| Afrikaans 1983 | sê hy vir hulle: “Julle moet vir julle koning sê: So sê die Here: Moenie bang wees oor wat jy gehoor het, hoe die amptenare van die koning van Assirië My gelaster het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sê Jesaja vir hulle: “So moet julle vir julle heer sê, ‘So sê die Here: “Moenie bang wees vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die onderdane van die koning van Assirië My belaster het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | sê Jesaja vir hulle: “Julle moet vir julle koning sê die Here sê: Hiskia, jy het gehoor toe die offisiere van die koning van Assirië sleg gepraat het oor My, maar jy moenie bang wees daaroor nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het Jesaja hulle met sy eie boodskap huis toe gestuur. “Gaan sê vir die koning: so sê die Here: Moenie jou ontstel oor die lasterlike goed wat die amptenaar van My gesê het en bang wees vir sy dreigemente nie. |