Isaiah 37:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Miskien sal die HERE jou God die woorde hoor van die Rabsake, wat die koning van Assirië, sy heer, gestuur het om die lewende God te smaad, en Hy sal die woorde bestraf wat die HERE jou God gehoor het; verhef daarom jou gebed vir die oorblyfsel wat oor is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Miskien het die Here u God gehoor hoe die verteenwoordiger van die Assiriese koning die lewende God uitgetart het, en sal Hy hom straf oor sy woorde. Bid tog vir ons klein groepie wat nog oor is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Miskien sal die HERE u God die woorde hoor van die r bsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die HERE u God gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is. |
| Afrikaans 1983 | Miskien sal die Here u God let op die woorde van die hoofadjudant wat deur die Assiriese koning gestuur is om die lewende God te smaad, en miskien sal die Here u God hulle straf oor wat Hy moes aanhoor. Bid tog vir die klompie van ons wat nog oor is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Miskien hoor die Here u God die woorde van die rabsakee, vir wie die koning van Assirië, sy heer, gestuur het om die lewende God uit te tart; en miskien sal Hy hom straf oor die woorde wat die Here u God gehoor het. Begin dan bid ter wille van die res wat nog oorgebly het. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miskien het jou God die Here gehoor wat die hoof-offisier gesê het. Dit is sy koning, die koning van Assirië, wat hom gestuur het om sleg te praat oor die God wat lewe. Miskien sal jou God die Here die koning van Assirië straf oor wat die koning gesê het. Ons wat nog lewe, is min, maar bid asseblief vir ons.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Miskien het die Here jou God gehoor hoe die Assiriese amptenaar die lewende God beledig en uittart en sal Hy hom straf vir wat hy gedoen het. Maar in elk geval vra ek jou om te bid vir die klompie van ons wat nog oor is.” |