Isaiah 37:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die engel van die HERE uitgegaan en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg opstaan, was hulle almal dooie lyke.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie nag het die engel van die Here na die Assiriese kamp toe ge-gaan. Hy het 185 000 Assiriese soldate doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, was daar oral net lyke!
Afrikaans 1933/1953 Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak -- was dit almal dooie liggame.
Afrikaans 1983 Die engel van die Here het gegaan en honderd vyf en tagtig duisend man in die Assiriese kamp doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, lê die lyke almal daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •engel van die Here het uitgetrek en in die kamp van die Assiriërs honderd vyf-en-tagtigduisend neergevel. Toe die mense van Jerusalem vroeg die oggend opstaan, was hulle morsdood, almal lyke!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Engel van die Here het gekom en Hy het 185 000 soldate in die kamp van die Assiriërs doodgemaak. Toe die Assiriërs vroeg die oggend opstaan, lê al die dooie soldate daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie nag is die engel van die Here in die Assiriërs se kamp in en hy het 185 000 van hulle soldate doodgemaak. Toe die oorlewendes die volgende môre wakker word, het die lyke die hele kamp vol gelê.