Isaiah 37:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan en nie in hierdie stad inkom nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Met die pad waarlangs hy gekom het, sal hy teruggaan en nie die stad binnekom nie.’ Dit sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan en hy sal nie weer by dié stad kom nie. Dit is wat die Here sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met die pad waarmee hy gekom het, daarmee sal hy terugkeer, en hierdie stad sal hy nie binnekom nie,’ is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal teruggaan op die pad wat hy gekom het, hy sal nie in hierdie stad inkom nie.” Dit het Ek, die Here, gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning van Assirië sal met leë hande teruggaan met dieselfde pad waarmee hy gekom het. Hy sal nie naby Jerusalem kom nie. Ek, die Here, sê so!