Isaiah 37:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy mag nie in hierdie stad inkom en daar geen pyl in skiet nie, en ook nie met skilde voor dit kom of 'n wal daarteen uitgooi nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die Here oor die koning van Assirië: “‘Hy sal nie in hierdie stad inkom om ’n pyl af te skiet nie. Hy sal nie skilde teen die stad gebruik of beleëringswalle daarteen opgooi nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opwerp nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië, sal hy nie in dié stad inkom nie, hy sal nie 'n pyl hier afskiet nie, nie 'n skild teen die stad optel nie, nie 'n beleëringswal daarteen opgooi nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië, “ ‘Hy sal hierdie stad nie binnekom nie; hy sal daarin nie 'n pyl afskiet nie; hy sal daarteen nie opruk met 'n skild nie; hy sal nie 'n beleëringswal daarteen ophoop nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sê Ek, die Here, hierdie woorde oor die koning van Assirië: “Hy sal nie in hierdie stad inkom nie, hy sal nie hier met sy pyl en boog skiet nie. Hy sal nie hier sy skild kom optel om homself te beskerm nie. Hy sal nie grond teen die stad se muur gooi sodat hy oor die muur kan klim nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat die koning van Assirië betref, sê die Here: hy sal nie sy voete in hierdie stad sit of ’n enkele pyl soontoe afskiet nie. Niemand van sy soldate met hulle swaarde en skilde sal ’n kans kry om eens in die rigting van die stad te beweeg of om grondwalle teen die muur te probeer opbou sodat hulle in die stad kan inkom nie. |