Isaiah 37:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan, en die vlugtelinge van die berg Sion af; die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel kom en uit Sionsberg ’n groep oorlewendes. Die ywer van die Here, die Almagtige, sal daarvoor sorg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal mense oorbly en uit Jerusalem kom, daar sal mense vry van Sionsberg af uitgaan. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, uit Jerusalem sal wat oorgebly het, uitspruit, uit die berg Sion dit wat ontkom het. Die ywer van die Here, Heerser oor alle magte, sal dit doen. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, mense sal kom van Jerusalem, van Sionsberg, mense wat oorgebly het en wat nog lewe. Dit sal gebeur, want die Here wat oor alles regeer, sal die mense van Juda nie alleen los nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal mense oorbly in Jerusalem en op Sion en hulle sal van daar af weer ’n nuwe begin maak. Ek, die Here die Almagtige, sal daarvoor sorg omdat Ek hulle so liefhet. |