Isaiah 37:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die oorblyfsel wat vrygeraak het van die huis van Juda, sal weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié in Juda wat die beleg oorleef het, sal weer wortelskiet en vrugte dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe. |
| Afrikaans 1983 | Dié van Juda wat die beleg oorleef het en oorgebly het, sal weer soos plante wortel skiet en vrugte dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Wat van die huis van Juda ontkom het, wat oorgebly het, sal na onder wortel skiet, en na bo vrugte dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Juda wat oorgebly het en wat nog lewe, sal wees soos plante wat sterk wortels in die grond het en wat baie vrugte dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die klompie mense van Juda wat die slag oorleef het, sal weer gevestig raak in die land, soos ’n boom wat sy wortels in die grond laat ingroei en dan sterk word en later vrugte dra. |