Isaiah 37:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal vir jou 'n teken wees: Julle sal hierdie jaar eet wat vanself opkom; en die tweede jaar wat daaruit voortspruit, en in die derde jaar saai en maai en plant wingerde en eet die vrugte daarvan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hiskia, vir jou gee Ek die volgende teken: “Hier is die bewys dat die Here hierdie stad sal bewaar: “Vanjaar sal julle eet wat vanself opkom. Volgende jaar sal julle eet wat vanself opkom. Maar in die derde jaar sal julle saai en oes. Julle sal wingerde bewerk en druiwe eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar -- saai en oes, en plant wingerde en eet die vrugte daarvan. |
| Afrikaans 1983 | “Vir jou, Hiskia, gee Ek die volgende teken: vanjaar sal julle die opslag eet en volgende jaar wat dan opslaan, maar in die jaar daarna sal julle saai en oes, wingerde plant en druiwe eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Dit sal vir jou, Hiskia, die teken wees: Eet vanjaar die opslaggraan, in die tweede jaar dit wat self opkom; maar in die derde jaar moet julle saai en oes, wingerde plant en die vrugte daarvan eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En, Hiskia, Ek sal vir jou 'n teken gee: Hierdie jaar sal julle die koring eet wat self opkom, en volgende jaar sal julle die koring eet wat dan nog self opkom. Maar die jaar daarna sal julle saai en koring afsny, julle sal wingerde plant en druiwe eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Jesaja vir Hiskia: “Hierdie is die bewys dat die Here hierdie stad teen die koning van Assirië sal beskerm. Hierdie jaar en volgende jaar sal julle koring eet wat vanself opgekom het van die saad wat in die grond oorgebly het. Maar die jaar daarop sal julle weer kan saai en oes. Julle sal ook julle wingerde kan versorg en van die druiwe eet. |