Isaiah 37:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat jou woede teen my en jou rumoer in my ore opgekom het, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom in jou lippe, en Ek sal jou terugdraai op die pad waarmee jy gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oor jou arrogansie teen My, wat Ek self gehoor het, sit Ek ’n haak deur jou neus. Ek sit ’n stang tussen jou tande. Ek laat jou teruggaan op die pad waarlangs jy gekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Omdat jy dit gedoen het, omdat Ek jou verwaande woorde moes aanhoor, sit Ek 'n haak deur jou neus en 'n stang tussen jou tande en lei Ek jou terug op die pad waarmee jy gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat jy so teen My getier het, jou astrantheid my ore bereik het, sit ek my haak deur jou neus en my stang in jou mond. Ek laat jou terugkeer met die pad waarmee jy gekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet wat jy teen My gesê het en Ek het gehoor hoe hoogmoedig jy gepraat het teen My. Daarom sal Ek 'n vishoek deur jou neus sit en Ek sal 'n stang in jou mond sit. Ek sal jou lei soos 'n perd, terug op dieselfde pad wat jy gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat Ek al hierdie goed moes beleef, gaan Ek jou mak maak. As ’n mens ’n ring in ’n bul se neus sit, is hy so mak soos ’n lam en kan jy met hom doen net wat jy wil. So gaan Ek vir jou ’n ring in jou neus sit en jy sal moet doen wat Ek sê. En soos ’n mens ’n perd kan stuur net waarheen jy wil as jy ’n stang in sy bek gesit het, gaan Ek jou stuur; in een rigting: terug met die pad waarmee jy gekom het! |