Isaiah 37:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom was hulle inwoners van geringe mag, hulle was verskrik en beskaamd: hulle was soos die gras van die veld en soos die groen plante, soos die gras op die dakke, en soos koring wat geblaas word voordat dit opgroei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis hoekom hulle inwoners so magteloos was. Daarom was hulle maklike prooi vir jou. Hulle is so hulpeloos soos die gras, hulle vertrap so maklik soos groen spruite. Hulle is soos gras op ’n huis se dak wat maklik deur die son verskroei word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras van die dakke en 'n koringland voordat dit are skiet. |
| Afrikaans 1983 | Hulle inwoners was magteloos, verskrik en sonder raad, soos veldplante, soos groen gras, soos gras op 'n huis se dak: dit verskroei voor dit behoorlik staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle inwoners was magteloos, hulle was verskrik en beskaamd. Hulle was veldplante en groen spriete, gras op dakke en terrasse voordat dit kon saad maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat in die stede gewoon het, was nie sterk nie. Hulle het geskrik, hulle het nie geweet wat om te doen nie. Hulle was soos die plante in die veld, soos groen bossies, soos gras op die plat dak van 'n huis. Dit word droog en gaan dood voordat dit goed kan groei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is hoekom hulle mense nie teen jou kan veg nie en hoekom hulle so ’n maklike prooi vir jou is. Hulle het geen verweer nie, byna soos nuutgeplante gras waaroor ’n klomp mense skielik begin loop: daardie gras staan nie ’n kans om te groei nie. |