Isaiah 37:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het jy nie lank gelede gehoor hoe Ek dit gedoen het nie; en van die ou tyd, dat Ek dit gevorm het? nou het Ek dit laat gebeur, dat jy beskutte stede in puinhope moet verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Het jy dan nie geluister nie? Dit was Ék, die Here, wat so besluit het, lank gelede al. Lank terug het Ek beplan wat Ek nou laat gebeur: dat jy versterkte stede verwoes en in puinhope verander. |
| Afrikaans 1933/1953 | Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit berei, van die dae van die voortyd af dit beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede tot puinhope kom verwoes. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here vir jou, Sanherib: Het jy dan nie gehoor nie: Ék het dit bewerk, lank gelede al, van die vroegste tye af het Ek dit voorberei en Ek het dit nou laat gebeur: jy moes vestingstede verwoes en puinhope van hulle maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Het jy dit nie gehoor nie? In die verre verlede het Ek juis dit voorberei, in die voortyd het Ek dit beplan; nou laat Ek dit aanbreek – dat jy versterkte stede puinhope maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar jy moet weet dat Ek lank gelede besluit het dat jy dit moet doen, Ek, die Here, het lank gelede gesê dit moet so wees, en nou het Ek dit laat gebeur. Daarom kon jy stede verwoes, stede wat sterk mure het. Daardie stede is nou net hope klippe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sanherib, is jy die enigste een wat dit nie weet nie; wie dink jy het al hierdie dinge beplan? Dit was Ek, die Here! Ek het lank terug al beplan dat jy versterkte stede in murasies sal verander. Al wat gebeur het, is dat Ek jou nou toegelaat het om dit te doen. |