Isaiah 37:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur u dienaars het u die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek opgeklim tot op die hoogtes van die berge, na die uithoeke van die Líbanon; en Ek sal sy hoë seders en sy uitgesoekte sipresbome afkap; en Ek sal ingaan in die hoogte van sy grondgebied en in die woud van sy Karmel.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur jou boodskappers het jy met die Here gespot. Jy het gesê: ‘Met my baie strydwaens het ek die hoogste berge oorwin, ja, selfs die hoogste pieke van die Libanon. Ek het sy hoogste seders en sy mooiste sipresse afgekap. Ek het tot in die verste uithoeke en die diepste woude gegaan.
Afrikaans 1933/1953 Deur jou dienaars het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die L¡banon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos 'n tuin.
Afrikaans 1983 Deur jou amptenare het jy die Here geminag toe jy gesê het: ‘Ek het met my baie strydwaens teen die hoogste berge opgery, na die toppe van die Libanon toe; ek het sy hoogste seders afgekap, sy mooiste sipresse. Ek het sy hoogste skuilhoeke binnegedring, sy digste bosse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur jou dienaars het jy die Heer uitgetart. Jy het gesê: “Met die menigte van my strydwaens het ek die hoogste berge bestyg, die uithoeke van die Libanon. Ek het sy hoogste seders afgekap, die keur van sy sipresse. Ek het sy verste hoogtes binnegedring, sy digste struikgewasse.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het jou offisiere gestuur om sleg te praat oor die Here. Jy het gesê: ‘Ek het teen die hoogste berge opgery met my baie oorlogkarre. Ek het gery tot bo-op die Libanon-berg. Ek het die grootste sederbome afgekap, die mooiste sipresbome op die berg. Ek het gekom tot op die hoogste plek op die berg, tot waar die meeste bome is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het jou amptenare gestuur om die Here te spot en uit te tart. Dit is jy wat gespog het oor hoe baie strydwaens jy het en hoedat jy met hierdie strydwaens reg oor die Libanonberge sal ry, hoedat jy selfs die hoogste en mooiste seder- en sipresbome tot teen die grond gaan afkap. Jy het gespog dat jy die hoogste wegkruipplekke uitgesnuffel het en diep in die bos ingedring het sodat niemand vir jou kan wegkruip nie.