Isaiah 37:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie het jy gesmaad en gelaster? en teen wie het jy jou stem verhef en jou oë in die hoogte opgehef? selfs teen die Heilige van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir wie dink jy het jy beledig en bespot? Teen wie het jy jou stem verhef? En na wie het jy ewe hoogmoedig neerhalend verwys? Dit was die Heilige van Israel!
Afrikaans 1933/1953 Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!
Afrikaans 1983 Vir wie het jy gesmaad en belaster? Vir wie het jy geskreeu en uitgedaag? Die Heilige van Israel!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie het jy uitgetart en belaster? Teen wie het jy jou stem verhef? Jy het uit die hoogte neergesien op die Heilige van Israel!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Oor wie het jy sleg gepraat? Vir wie het jy geskree en teen wie het jy gespog? Dit was teen die Heilige God van Israel!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir wie dink jy het jy so verneder en belaglik gemaak? Teenoor wie het jy so grootgepraat en op wie het jy neergesien? Dit was op My, die heilige God van Israel.