Isaiah 37:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verlos ons dan nou, HERE onse God, uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U alleen die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Here ons God, red ons tog uit sy hand. Dan sal al die koninkryke van die aarde weet dat U alleen, Here, God is.”
Afrikaans 1933/1953 HERE onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, dit alleen is.
Afrikaans 1983 Here ons God, red ons tog uit die mag van die Assiriese koning. Dan sal al die koninkryke van die aarde besef dat net U, Here, God is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, Here ons God, verlos ons uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U alleen die Here is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou, Here, ons God, beskerm ons teen die koning van Assirië. Doen dit, sodat al die volke op die aarde kan weet dat U alleen Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom bid ek: Here ons God, beskerm ons teen die aanvalle van die Assiriërs. Dan sal al die mense van die wêreld besef dat net U, Here, werklik God is.”