Isaiah 37:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het Eljakim, wat oor die huis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters wat met rouklere bedek was, gestuur na die profeet Jesaja, die seun van Amos.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy stuur toe Eljakim, die administrateur van die paleis, Sebna, die hof se sekretaris en die leierpriesters na die profeet Jesaja seun van Amos. Hulle het almal rouklere aangehad.
Afrikaans 1933/1953 Daarna stuur hy ljakim, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.
Afrikaans 1983 Daarna stuur hy die paleisbestuurder Eljakim, die staatsekretaris Sebna en die leiers van die priesters, almal in rouklere, na die profeet Jesaja seun van Amos toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy stuur toe vir Eljakim, hoof van die hofhouding, Sebna, die sekretaris, en die oudstes van die priesters in hulle rouklere na die profeet Jesaja, seun van Amos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het die amptenare Eljakim en Sebna, en die leiers van die priesters na die profeet Jesaja toe gestuur. Jesaja was die seun van Amos. Hulle het rouklere gedra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna stuur hy vir Eljakim en Sebna saam met die leiers van die priesters na Jesaja toe, almal ook met rouklere aan.