Isaiah 37:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en hulle gode in die vuur gegooi, want hulle was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip; daarom het hulle hulle vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hulle het inderdaad die gode van hierdie nasies in die vuur gegooi en dit verbrand. Natuurlik kon die Assiriërs dit vernietig! Want dis nie gode nie, slegs beelde van hout en steen wat mense se hande gemaak het!
Afrikaans 1933/1953 en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip -- daarom kon hulle die vernietig.
Afrikaans 1983 en hulle gode verbrand, maar dit was nie gode nie, dit was die werk van mensehande, hout en klip; daarom is hulle vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hulle gode in die vuur gegooi het. Want dit was nie gode nie, maar net die werk van mensehande, hout en klip; en hulle het dit vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het die volke se gode in die vuur gegooi. Maar daardie gode was nie waarlik gode nie, mense het hulle gemaak van hout en klip. Daarom het die gode verdwyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en hoedat hulle hulle gode gevat en in die vuur gegooi het om te verbrand. Maar ons weet hoekom hulle dit kon regkry. Dit was nikswerd afgode, beelde van hout en klip wat deur mense gemaak is.