Isaiah 37:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE van die leërskare, God van Israel, wat tussen die gérubs woon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Here, Almagtige, God van Israel, u troon is tussen die magtige gerubs! U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde. U alleen het die hemele en die aarde geskep. |
| Afrikaans 1933/1953 | o HERE van die leërskare, God van Israel wat op die g,rubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak. |
| Afrikaans 1983 | “Here, Almagtige, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Here, Heerser oor alle magte, God van Israel, wat bo die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Here, God van Israel, U regeer oor alles, U troon is bokant die gerubs. U alleen is God van al die lande op die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Almagtige Here, God van Israel, U wat op u troon bokant die gerubs sit, U alleen is God van al die koninkryke op aarde. U het die hemel en die aarde gemaak. |