Isaiah 37:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het die gode van die nasies hulle gered wat my vaders vernietig het, soos Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telassar was? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Het die gode van ander nasies hulle gered, nasies soos Gosan, Haran, Resef en die mense van Eden wat in Telassar was? Die vorige konings van Assirië het hulle almal uitgewis! |
| Afrikaans 1933/1953 | Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered -- Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Tel ssar was? |
| Afrikaans 1983 | Kon die gode van die nasies wat deur my voorgangers uitgedelg is, hulle red: Gosan, Haran, Resef, die mense van Eden in Telassar? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het die gode van die nasies wat deur my voorvaders uitgedelg is, hulle gered – Gosan, Haran, Resef en die mense van Eden wat in Telassar was? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Het die ander volke se gode hulle gered toe my voorvaders hulle oorwin het? Nee. My voorvaders het die mense van Gosan en Haran oorwin, en hulle het ook die mense van die stad Resef oorwin en die mense van die land Eden wat in Telassar woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Was daar enige van die ander volke se gode wat hulle mense kon red? My voorgangers het hulle almal vernietig. Noem hulle op: Gosan, Haran, Resef en die mense van Eden in Telassar. |