Isaiah 37:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So moet julle met Hiskía, die koning van Juda, spreek en sê: Laat jou God op wie jy vertrou, jou nie mislei deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië gegee word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hierdie boodskap is vir koning Hiskia van Juda: Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou om die bos lei met beloftes dat Jerusalem nie deur die koning van Assirië oorwin sal word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet julle aan Hisk¡a, die koning van Juda, sê: Laat u God op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie. |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir koning Hiskia van Juda: Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou mislei met sy versekering dat Jerusalem nie in my mag oorgegee sal word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So moet julle vir Hiskia, die koning van Juda, sê, ‘Moenie dat jou God, op wie jy vertrou, jou bedrieg met die woorde: “Jerusalem sal nie oorgegee word in die hand van die koning van Assirië nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hulle moet vir Hiskia, die koning van Juda, sê: “Hiskia, jy glo in jou God, maar jy moenie dat Hy jou bedrieg nie. Jou God sê die koning van Assirië sal nie Jerusalem oorwin nie. Dit is nie waar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Moenie dat jou God jou mislei met praatjies dat ek nie in staat is om Jerusalem in te neem nie. |