Isaiah 37:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE ingegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat koning Hiskia die verslag gehoor het, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het na die tempel van die Here gegaan om te bid. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe koning Hisk¡a dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe koning Hiskia dit hoor, het hy ook sy klere geskeur. Hy het rouklere aangetrek en is na die huis van die Here toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe koning Hiskia dit hoor, het hy sy klere geskeur, 'n roukleed omgehang en na die huis van die Here gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe koning Hiskia dit hoor, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en na die tempel gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat Hiskia hulle verslag gehoor het, het hy van ontsteltenis ook sy klere geskeur. Hy het toe vir hom rouklere aangetrek en tempel toe gegaan om te gaan bid en by die Here raad te vra. |