Isaiah 36:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe sal jy dan die aangesig van een owerste van die geringste dienaars van my heer afwend en jou vertroue op Egipte stel vir strydwaens en vir ruiters? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe dink jy kan jy met jou klein weermag selfs die swakste afdeling van my meester se leër uitdaag? En tog vertrou jy op Egipte se hulp vir strydwaens en perde! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe sal jy dan die aanval van 'n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars kan afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters! |
| Afrikaans 1983 | Hoe sal jy weerstand kan bied teen één goewerneur, één van my koning se onbelangrikste amptenare? En dan vertrou jy op Egipte vir strydwaens en perde! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe sal jy net een •streekgoewerneur kan terugdryf, een van die onbelangrikste dienaars van my heer, wanneer jy jou vertroue stel op Egipte vir 'n strydwamag en perde? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy kan nie 'n oorlog wen teen een goewerneur nie, teen een van die onbelangrikste amptenare van my koning nie. Maar nou dink jy Egipte kan jou help. Jy dink Egipte kan vir jou oorlogkarre en perde gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy en jou weermag staan nie ’n kans teen selfs die swakste van my koning se offisiere nie. Nie eens met die koning van Egipte se hulp met strydwaens en ekstra soldate staan jy ’n kans nie. |