Isaiah 36:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee dan nou tog pande aan my heer, die koning van Assirië, en ek sal vir jou twee duisend perde gee as jy van jou kant ruiters daarop kan aanstel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sê jou wat: My meester, die koning van Assirië, gaan met jou ’n weddenskap aan. As jy 2 000 ruiters in jou hele weermag kan kry, gee hy jou 2 000 perde om op te ry!
Afrikaans 1933/1953 Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou twee duisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.
Afrikaans 1983 “Wil jy 'n ooreenkoms aangaan met my koning, die koning van Assirië? Ek gee jou twee duisend perde: sal jy die ruiters vir hulle kan voorsien?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, het my heer gesê, gaan gerus 'n weddenskap aan met my heer, die koning van Assirië. Ek sal jou tweeduisend perde gee, as jy in staat is om ruiters vir hulle te voorsien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vir jou sê wat my koning sal doen, die koning van Assirië. Hy sal vir jou 2 000 perde gee as jy genoeg soldate het om op die perde te ry. Maar jy het nie genoeg soldate nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sê jou wat, kom ons gaan ’n weddenskap aan. Al gee die koning van Assirië vir jou 2 000 perde as ’n geskenk, sal jy nie eers genoeg soldate bymekaar kan maak om op hulle te ry nie.