Isaiah 36:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, jy vertrou op die staf van hierdie gebreekte riet, op Egipte; waarop as iemand leun, dit in sy hand sal ingaan en dit deursteek; so is Farao, die koning van Egipte, met almal wat op hom vertrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sal Egipte jou help? As jy op Egipte leun, vind jy uit dis soos om op ’n stok te leun wat onder jou gewig breek en jou hand deurboor. Die farao van Egipte is geheel en al onbetroubaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, jy vertrou op die geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou. |
| Afrikaans 1983 | Jy vertrou op Egipte, op 'n versplinterde riet wat jou in die hand steek en jou seermaak as jy op hom leun. Dit is wat die farao, die koning van Egipte, beteken vir almal wat op hom vertrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, jy stel jou vertroue op Egipte, hierdie geknakte rietstaf wat in 'n mens se handpalm steek en dit deurboor wanneer jy daarop leun. So is die farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy dink nou Egipte sal jou help, maar Egipte is soos 'n riet-kierie wat gebreek het. As jy op die riet druk, dan steek dit jou hand stukkend. Die farao, die koning van Egipte, is soos 'n riet-kierie vir almal wat dink hy sal hulle help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek weet jy dink Egipte gaan jou help, maar dit is ’n groot fout. Om op die koning van Egipte vir militêre hulp te vertrou in so ’n situasie is net so goed as om ’n geknakte riet te vat en te dink dit kan ’n goeie kierie wees. Die eerste keer as jy ’n bietjie hard daarop leun, breek die riet en sny boonop nog jou hand ook stukkend. Wees gewaarsku, die koning van Egipte is onbetroubaar! |