Isaiah 36:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sê, sê jy, (maar dit is nietige woorde) Ek het raad en krag vir die oorlog; nou op wie vertrou jy, dat jy teen My in opstand kom? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dink jy blote woorde kan militêre vaardigheid en mag vervang? Wie is jou bondgenote wat jou kan help, dat jy nou in opstand teen my gekom het? |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy dink: Net 'n woord van die lippe is raad en dapperheid vir die oorlog. Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom? |
| Afrikaans 1983 | Jy dink woorde alleen is genoeg vir strategie en militêre mag. Op wie vertrou jy dat jy in opstand is teen my? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy dink sekerlik lippetaal is 'n taktiek en 'n kragtige wapen vir die oorlog. Op wie vertrou jy dan nou, dat jy teen my in opstand is? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy wil oorlog maak teen my, maar dit sal jou nie help om net te praat en planne te maak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het hulle toe teruggestuur na Hiskia toe met hierdie boodskap van die koning van Assirië: “Dink jy mense se leë beloftes gaan jou help oorlog maak? Dit is tog nie hoe ’n mens jou strategie beplan nie! Watter een van jou bondgenote dink jy gaan jou help om teen Assirië te veg? |